Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SARL NUUS SONDAG 17 MEI 2015

Goeiemore en welkom. Hier volg die SUID-AFRIKAANSE RADIOLIGA se nuus vir Sondag . . . . . (datum), gelees deur..........(Naam; roepsein en QTH)

Luister elke Sondag deur die hele land na 'n uitsending van SARL-NUUS in Afrikaans om 08:15 en in Engels om 08:30 plaaslike tyd. 'n Teksweergawe van hierdie bulletins kan by www.sarl.org.za , die SARL se webwerf, afgelaai word. Jy kan ook daar inteken om toekomstige bulletins per e-pos te ontvang.

Daar is 'n skakel na 'n oudio weergawe van die bulletin op dieselfde blad beskikbaar.

IN VANDAG SE NUUS

BESPREEK NOU VIR DIE SA AMSAT RUIMTESIMPOSIUM
RADIO AMATEUREKSAMEN EERSKOMENDE DONDERDAG
SLUIT NOU AAN BY DIE SARL MET `N AANBOD SONDER WEERGA EN

OPWINDENDE KOMPETISIES LE VOOR DIE DEUR

Bly ingeskakel vir hierdie en nog ander interessante nuus.

** Bespreek nou alreeds, jou sitplek vir die jaarlikse SA AMSAT RUIMTESIMPOSIUM, wat sal plaasvind op 20 Junie by die Innovation Hub in Pretoria. Deur vroeg te registreer, kan jy ook gebruik maak van die voordeel wat met die registrasie aangebied word nl., verversings, ligte middagete, `n CD en meegaande inligtingstukke. Gebruik die ruimte om jou volgende reis in amateurradio te onderneem. Inligting en die besprekingsvorm is beskikbaar by www.amsatsa.org.za

** Die Mei Radio Amateurradio-eksamen sal Donderdag 21 Mei 2015 om 19:00 plaasvind.
Sterkte vir die 146 kandidate wat gaan skryf. Daar is twee Namibiesekandidate wat ook die eksamen gaan aflê. Die SARL het 'n samewerkingsooreenkoms met die Namibieseradioliga, om die RAE namens hulle te bestuur.
Dankie aan al die persone wat die kandidate met klasse gehelp het, en ook die persone wat gaan help met toesig.

** Sluit nou aan by die Suid Afrikaanse radioliga teen R460 vir die 2015 / 2016 tydperk. Jy ontvang 14 maande lidmaatskap vir die prys van 12 maande. Help hierdeur om die SARL se Nasionale liggaam vir Amateurradio te versterk.
Die onderhandelingskrag van `n organisasie is gesetel in sy aantal lede. Dit is in belang van elke radio-amateur om by die SARL aan te sluit, en om jou stem te laat hoor by die owerhede, wanneer regulering van amateurradiofrekwensies ter sprake is. Internasionaal maak die ITU aanbevelings , maar finale besluite berus by plaaslike owerhede. Met die onlangse publikasie van nuwe frekwensiespektrumregulasies, het die SARL dit reg gekry om `n toegewing in die 160 meterband te bewerkstellig. Kraguitset kan op die meeste amaterradiobande verhoog word. Nog `n verslapping vir amateurs, is om in besit te wees van ontvangers met volgehoue deurlopende instemming bo 30 MHz.
Die nuwe regulasie verleen toestemming aan persone wie lid is van noodkommunikasie organisasie, soos die SARL, om sulke apparaat te besit. Dus, as jy nie lid is van die SARL nie, het die tyd aangebreek om by die SARL aan te sluit. Aansoekvorms is beskikbaar by www.sarl.org.za of kontak die SARL kantoor by telefoonnommer 011-675-2393.

** `n Agt weke lang SARL@HOME kursus sal aangebied word deur Noel Hammond ZR6DX en Graham Busse. Die doel van die aanbieding sal wees, om Voortrekkers en ander jong mense touwys te maak, hoe om die klas B eksamen te slaag ,en hoe om te kwalifiseer as radio-amateurs. Die kursus sal in aanvang neem op 23 Mei vanaf 9:00 tot 12:00 op Saterdagoggende.
Gedurende die 8 weke sal studente deelneem aan pretaktiwiteite, op die lug praat, `n antenna bou, en veldstasies oprig en bedien op die grasperke van die Nasionale Amateurradiosentrum.
Inligting sal binne die volgende paar dae beskikbaar wees op die SARL se webblad. Vir meer inligting , stuur `n e/pos aan zr6dxiafrica.com

** Daar was geen nuwe aansoeke vir SARL lidmaatskap.
Die totaal bly onveranderd op 1637 lede en klubaffiliasies bly op 38 klubs.

** Jy is ingeskakel op `n nuusbulletin van die Suid - Afrikaanse radioliga.

** Gedurende die naweek van 30 en 31 Mei, kan jy deelneem aan die CQ WPX Gelykgolf kompetisie met werking op 160, 80, 40, 20, 15 en 10 meter. Die uitruiling is 'n RST verslag en 'n reeksnommer. Vind al die reëls by www.cqwpx.com/rules.htm

** Die tweede Suid-Afrikaanse Radioliga Digitale-kompetisie word gehou op Sondag 31 Mei vanaf 13:00 tot 16:00 UTC met PSK en RTD werking op 80, 40 en 20 meter. Die reëls is op bladsy 45 van die 2015 Kompetisie-handleiding.


** Die Wesrand Amateurradioklub hou sy volgende snuffelmark om 12:00 op Saterdag 30 Mei 2015, by die klubhuis in Krotonstraat, Weltevredenpark, Roodepoort. Almal is baie welkom. Vir meer inligting skakel, Nick ZS6NCK 082 454 1272.

** Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak laag tot matig gaan wees. Sonvlekke AR2339 en AR2345 het komplekse magneetvelde, wat genoeg energie vir M- of X- klas fakkels huisves.
Diegene wat hulle eie frekwensievoorspellings wil doen, kan 'n verwagte effektiewe sonvlektelling van ongeveer 94 vir die week gebruik.
Amateurs kan veral laatmiddag en gedurende die aande, goeie openinge op die 20 tot 10 m DX bande verwag.
Besoek gerus die webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.

21 Mei – die Radio Amateur eksamen.
23 Mei – SARL@HOME.
30 Mei – Wesrand snuffelmark vanaf 12:00.
30 en 31 Mei – die CQ WPX Gelykgolf kompetisie.
31 Mei – Suid-Afrikaanse Radioliga Digitale-kompetisie.
6 Junie – KARTS en AWA opedag.
20 Junie – SA AMSAT Simposium by die INOVATION HUB in Pretoria.

Om die bulletin nou mee af te sluit , ‘n kort terugblik op ons hoofnuus.

** Bespreek nou alreeds jou sitplek vir die jaarlikse SA AMSAT RUIMTESIMPOSIUM wat sal plaasvind op 20 Junie by die Inovation Hub, in Pretoria. Deur vroeg te registreer kan jy ook gebruik maak van die voordeel wat met die registrasie aangebied word, en onthou sluit aan by die Suid Afrikaanse radioliga, teen `n verlaagde aanbod, dis die regte ding om te doen.

** Die Suid-Afrikaanse Radioliga se nuusdiens nooi klubs en individue uit om nuusbrokkies, van belang vir amateurradio en kortgolfluisteraars, met hulle te deel. Plaas nuusberigte indien moontlik, in Engels sowel as Afrikaans op die Suid-Afrikaanse Radioliga se webtuiste onder die “newsinbox” skakel, voor of op die Donderdag wat die bulletindatum voorafgaan.

Luister elke Sondagoggend om 10:00 plaaslike tyd na "Amateur Radio Today". Daar is herleidings op 7 082 kHz laersyband, 7 205 en 17 660 kHz AM, asook op verskeie BHF- en UHF-frekwensies regoor Suid-Afrika. 'n Potgooi, deur Dick, ZS6RO is ook beskikbaar. Heruitsendings vind op Maandae om 18:30 plaaslike tyd op 4895 kHz plaas. Sentech borg die uitsendings op die nieamateur-frekwensies.
Ons ontvang graag jou seinrapport, kommentaar en voorstelle oor die bullitin. Stuur 'n e-pos aan artoday@sarl.org.za.

Jy het geluister na 'n nuusuitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, wat saamgestel is deur Johann du Plessis ZS6PSS, geredigeer is deur Etienne Naude ZS6EFN en gelees is deur ................................................(naam, roepsein, QTH).

Die Afrikaanse nuusspan groet nou en wens jou `n mooi week toe. Totsiens

/EX




Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003